Bemarkingsassistent: Vrugte

Ons kliënt, benodig die dienste van ‘n bemarkingsassistent wat aan die Bemarkingsbestuurder verantwoordelik wees vir die administrasie van uitvoer- en lokale bestellings, sekere logistieke funksies en organisering van sy lessenaar.

Die ideale kandidaat is ‘n gedissiplineerde, energieke persoon wat die bemarkingsomgewing en gepaardgaande logisiteke funksie verstaan.

Vereistes:

  • ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie
  • goeie toepaslike ondervinding
  • die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf
  • bogemiddelde kommunikasievaardighede (Engels/Afrikaans)
  • goeie rekenaarvaardighede in veral MS Office

‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.

Indien u nie binne vier weke vanaf sluitingsdatum van ons hoor nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kanidate wat die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 10 April 2019