Verpleegkundige

Ons kliënt benodig die dienste van ‘n Geregistreerde Verpleegkundige wat ‘n passie vir gemeenskapsontwikkeling het en oor die vermoë beskik om verpleegkundige dienste in die Witzenbergvallei en Ceres te bied asook om as mentor vir plaasgesondheidswerkers op te tree.

Verantwoordelikhede:

  • ondervinding in primêre gesondheidsorg
  • ‘n dispenseringslisensie
  • kennis van die klinieksisteem in Suid-Afrika
  • kennis van die area se gesondheidsprobleme
  • goeie interpersoonlike vaardighede
  • die vermoë om onafhanklik te kan werk en moet gewillig wees om by gemeenskapsontwikkelingsprojek betrokke te raak.

Die ideale kandidaat beskik verder oor die vermoë om op eie inisiatief en onafhanklik te funksioneer en kan dissipline toepas.

‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.

Indien u nie binne vier weke vanaf sluitingsdatum van ons hoor nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kanidate wat die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 10 April 2019