Kwekery Verteenwoordiger

Ons kliënt, in Stellenbosch geleë, is ‘n gevestigde onderneming wat spesialiseer in die kweek, verspreiding en ontwikkeling van hoë kwaliteit vrugtebome, en plantmateriaal, beskik tans oor ‘n posisie vir ‘n Kwekery Verteenwoordiger.

 

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Landwye bemarking van nuwe en bestaande sitrus-, kern- en steenvrugtebome
  • Bemarking van bestaande en nuwe kultivars van betrokke gewasse
  • Lewering van tegniese ondersteuningsdienste aan kliënte 

Vereistes vir die pos is as volg:

  • B.Sc of ‘n ander toepaslike landbougraad of diploma, of ‘n kwalifikasie in bemarking met ervaring in die hortologiese veld
  • Ondervinding en landboutegniese kennis van produksie praktyke in die volgende gewasse: kernvrugte, sitrus, steenvrugte en wingerd
  • Uitstekende kommunikasie- en syfervaardighede
  • ‘n Passie vir mense en bemarking
  • Bereidwilligheid om gereeld te reis
  • Rekenaarvaardigheid in MS Office
  • Goeie vaardigheid in Afrikaans en Engels

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid gelees en verstaan het.
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.