Junior Internasionale Bemarker

Ons kliënt is ‘n gevestigde uitvoer tafeldruif groep. Hulle beskik oor ‘n uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n dinamiese, energieke individu om by hul suksesvolle span aan te sluit. Hierdie pos is in die Kakamas omgewing geleë.

Hoof verantwoordelikhede:

  • Bemarking en verkope van vrugte
  • Uitbreiding van kliëntebasis
  • Diens en ondersteun van huidige kliënte wat verkope asook naverkoopdiens en algemene administratiewe pligte insluit

Vereistes:

  • BCom. Bemarking- / Internasionale handel of soortgelyke kwalifikasie
  • Relevante mark blootstelling en kommersiële ondervinding verkieslik in die vrugte bedryf
  • Uitstekende menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
  • Detail gefokus, presies en deeglik
  • Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office
  • Bereidwilligheid omgereeld nasionaal, sowel as internasionaal te reis

Daar word ʼn mededingende vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.

Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid (hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.

 Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 10 Junie 2022