Finansiële Bestuurder

Simonsig is ‘n goed gevestigde wynlandgoed en is tans op soek na ‘n geskikte gekwalifiseerde individu met ‘n agtergrond in landbou, produksie en verkope om by hulle span aan te sluit as Finansiële Bestuurder.

Sleutelfunksies:

  • Kontantvloeibeplanning
  • Bedryfskapitaalbestuur
  • Begroting
  • Bestuursrekeninge
  • Finansiële nakoming- Aksyns, BTW, PAYE, WCA en VK BTW
  • Handhaaf verhouding met die bank
  • Bestuur van plaaslike en buitelandse tesourie
  • Rekeningkundige funksie
  • Besigheid sagteware (EZY) integriteitsbestuur

Vereistes:

  • ‘n B.Com Hons-graad met ten minste 5 jaar ondervinding in ‘n relevante bedryf
  • ‘n Kwalifikasie as ‘n CA (SA) en ‘n regsagtergrondword aanbeveel
  • Kennis en ervaring van IFRS
  • Kennis en ervaring van maatskappy- en belastingreg
  • Uitstekende kennis van finansiële bestuurskonsepte, beginsels en prosedures
  • Sterk analitiese vaardighede en ‘n goeie begrip van stelsels
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede
  • Werk goed onder druk
  • Selfgedrewe en innoverend

Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid (hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt te voorsien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf waar, korrek en op datum is. 

Verseker asseblief dat u aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae, met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat u aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 29 Julie 2022