Admin en Lone Beampte

Ons kliënt bestuur ’n kern- en steenvrugte plaas in die Piket-bo-berg area naby Piketberg. Hulle het tans ‘n geleentheid vir ‘n  Administrasie en Lone Beampte om by hulle aan te sluit.

Verantwoordelikhede:

  • Donkerhoek data – Lone en verslae
  • FMA – Allokasie van lone en verslae ( Donkerhoek Produksie Kostes Allokasies)
  • Hantering van werksbeserings (WCA’s)
  • BRC en GlobalGap oudits ( Nurture’s Choice , Siza , Arbeid oudits)
  • Dokters en Tandarts rekeninge
  • Kleinkas
  • Briewe opstel (Werks bevestigings ens)
  • Verslae opstel
  • Hantering van Algemene navrae
  • Hulp met Sosiale ontwikkeling
  • Hulp met Arbeidswetgewing
  • Algemene Administrasie

Vereistes:

  • Graad 12 (‘n toepaslike kwalifikasie sal voordelig wees)
  • 3-5 jaar ondervinding in weeklikse lone, insluited seisoen werkers
  • 3-5 jaar ondervinging in uitvoer vrugte kwaliteits oudits
  • Deeglik, met noukeurige aandag
  • Vermoë om met mense te werk (ferm en menslik)
  • Vermoë om onafhanklik te werk, goeie beplanning en doel gerig
  • Eie vervoer

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.