Bestuursrekenmeester

Ons kliënt, ‘n uitvoeronderneming in Stellenbosch, wat spesialiseer in die uitvoer van vrugte, het die bogenoemde posisie beskikbaar: Bestuursrekenmeester

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • die verwerking en rekonsiliering van krediteure fakture
  • die verwerking van bankstate
  • die laai van EFT betalings
  • Debiteure fakturering
  • Rekonsilieer intergroep transaksies
  • Ad-hoc finansiële take soos vereis

Kwalifikasies en ondervinding benodig:

  • ‘n Toepaslike B-graad in Rekeningkunde
  • Ten minste 1 jaar kommersiële ervaring na klerkskap, of 3 jaar werksondervinding in ‘n finansiële administrasie pos
  • Uitstekende Excel en Pastel vaardighede
  • Ervaring in die vrugte uitvoer industrie sal in u guns tel

Die pos rapporteer aan die Groep Finansiële Bestuurder.

‘n Mededingende vergoedingspakket is onderhandelbaar volgens kwalifikasie en ervaring.

Verseker asb dat u aansoek die volgende bevat:

  • ‘n Volledige Curriculum Vitae in MS Word formaat, met kontak-en epos inligting.
  • ‘n Dekbrief wat u aansoek motiveer.
  • Meld asb ‘n aanduiding van u huidige salaris asook u salaris verwagting.
  • Beskikbaarheid
  • Kontakbare referente

Sluitingsdatum: 20 Januarie 2020

Indien u geen terugvoer binne 4 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za