Boekhouer (Citrusdal)

Ons kliënt, ‘n boerdery in Citrusdal is tans opsoek na ‘n Boekhouer om by hul span aan te sluit. Hierdie pos rapporteer aan die Finansiële Bestuurder. 

Verantwoordelikhede: 

  • Volle boekhouding funksie tot op proefbalans
  • Debiteure berekeninge, fakturering en opvolg
  • Nasien van krediteure tesame met krediteure klerk
  • Maandelikse en jaarlikse joernale
  • BTW, WVF, PAYE-opgawes
  • Algemene administratiewe funksies

Vereistes:

  • ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (graad of diploma) in Finansies
  • Ten ten minstens drie jaar toepaslike ondervinding
  • Rekenaarvaardig
  • Vermoë om onder druk te werk en sperdatums na te kom
  • Passie vir finansiële kontroles en oog vir detail
  • Sterk verbale en geskrewe kommunikasie vaardighede

 Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid (hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.

 Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 8 Augustus 2022