Eenheidsbestuurder (Tafeldruiwe)
Ons kliënt, ‘n gevestigde uitvoer tafeldruif groep beskik oor die uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n jong dinamiese, energieke individu met dryf-krag en ʼn liefde vir boerdery om by hul suksesvolle span aan te sluit. Hierdie pos is in Kakamas omgewing geleë en rapporteer aan die Operasionele Bestuurder.
Verantwoordelikhede:
- Bestuur en verdere uitbreiding ‘n van 60ha produksie eenheid
- Bestuur van produksiekwaliteit
- Besproeiing
- Bemesting en bespuiting van eenheid
- Personeel bestuur
Vereistes:
- Graad 12 met ‘n minimum van 3-5 jaar ervaring in tafeldruif verbouing
- ‘n Landbou agtergrond en kwalifikasie sal as verdere aanbeveling dien
- Deeglike kennis en ondervinding in alle aspekte van besproeiing, bemesting en bespuiting van tafeldruiwe
- Basiese tegniese en meganiese kennis
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Vermoë om dissipline te kan handhaaf
- Vermoë om in ‘n span saam te werk
- Vermoë om onder druk te kan werk
- Rekenaarvaardig
Daar word markverwante vergoedingspakke met voordele eie aan die bedryf aangebied.
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
- Dat u ons Privaatheidsbeleid (hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.