Finansiële Bestuurder (Ceres)

Ons kliënt, ‘n boerdery geleë ±40km buite Ceres is tans opsoek na ‘n Finansiële Bestuurder om by hul aan te sluit. 

Verantwoordelikhede: 

  • Verwerking, kontrole en toesighouding van boekhouding en rekeningkundige rekords tot op proefbalans
  • Belastingadministrasie
  • Opstel van finansiële state en bystand aan ouditeure
  • Algemene bestuur van die finansiële en administratiewe afdeling
  • Personeelbestuur
  • Voorbereiding van tydige, akkurate en volledige weeklikse/maandelikse finansiële- en bestuursinligting
  • Kontantvloeibegroting
  • Koördinering van alle relevante inligting en dokumentasie
  • Adviseer en help met die implementering en instandhouding van interne finansiële kontrole en prosedures
  • Effektiewe bestuur en benutting van stelsels
  • Finansiële beplanning en begroting in samewerking met die res van die bestuur en direksie

Minimum vereistes: 

  • B. Com Finansiële/Bestuurs Rekeningkunde Graad
  • Voltooide SAIPA klerkskap sal tot die aansoeker se voordeel wees
  • Minimum van 4 jaar in ‘n bestuursrol
  • Ervaring in die landbou bedryf sal tot die aansoeker se voordeel wees
  • Ervaring in die bestuur van mense
  • Ervaring in alle fasette van rekeningkundige verwerking, administrasie en verslagdoening
  • Gevorderde rekenaarvaardighede (Pastel, Excel of ander)
  • Afrikaans en Engels vaardig op hoë standaard (lees, skryf en gesproke)

Gedragsbevoegdhede: 

  • Sterk administratiewe-, organisatoriese en beplanningsvaardighede
  • Sterk ontwikkelde vermoë om mense en prosesse te bestuur
  • Sistematies en geordend wat gemaklik funksioneer binne beleid, prosedures en stelsels
  • Noukeurig, deeglik en spesifieke aandag op detail
  • Selfstandige en professionele bestuur van konflik
  • Vermoë om veranderinge te bestuur en te implementeer waar nodig
  • Uitstekende werksetiek met vermoë om onafhanklik en in ‘n span te werk
  • Vermoë om gepaste oordeel en diskresie uit te oefen en vertroulikheid te handhaaf
  • Sterk verantwoordelikheidsin
  • Eerlikheid en integriteit en hoë etiese en professionele standaarde
  • Sterk interpersoonlike- en kommunikasievaardighede

 Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n Volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n Dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • Beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal, sal gekontak word.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2021