Finansiële Administrasie- en Opleidingsassistent (Half-dag)

HopkinsCoetzee Genote is ‘n  span konsultante wat Menslike Hulpbron konsultasiedienste en advies lewer. Ons spesialiseer ook in bestuurswerwing, Menslike Hulpbron projekbestuur en opleiding.

Ons is tans op soek na ‘n Finansiële Administrasie- en Opleidingsassistent om op ‘n half-dag basis by ons span aan te sluit.

 Verantwoordelikhede:

 Finansies:

  • Debiteure
  • Krediteure
  • Belastingopgawes
  • Sage Payroll
  • Kommissie- berekening van konsultante
  • Ad-hoc finansies-verwante administrasie

Opleidingsadministrasie: 

  • Alle reëlings ten opsigte van kursusse: lokaal, hulpmiddels, verversings, fasiliteerder, verblyf, bevestigings, fakturering,  opvolg met fasiliteerder en kliënt, evalueringsverslae
  • Die opstel en uitstuur van die kursuskommunikasie
  • Die instandhouding van die opleidingsgedeelte van die webwerf
  • Voorbereiding van kursusmateriaal en hulpmiddels
  • Die instandhouding van die opleiding-databasisse en kliëntelyste
  • Nagaan van beskikbare opleidingsprogramme om kliënte se behoeftes aan te spreek
  • Kosteberekening en kwotasies uitwerk vir klient
  • Ad-hoc kantooradministrasie  

Minimum Vereistes:

  • Graad 12 met verkieslik ‘n administratiewe kwalifikasie
  • Ten minste 5 jaar relevante ondervinding
  • Uitstekende kommunikasie vaardighede; geskrewe en verbaal
  • Uitstekende administratiewe vaardighede
  • Goeie agtergrond van finansiële transaksies
  • Akkuraatheid en detail ingesteldheid van uiterste belang
  • Sterk rekenaar vaardig

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat),
  • met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salarisverwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal, sal gekontak word.

 

Sluitingsdatum vir aansoeke: 8 Maart 2021