Skip to content

Paarl La Concorde,
57 Main Road,
Paarl, 7646

Tel: +27 21 863 0830

Fax: +27 21 863 0906

Gradering- en Verpakkingsmasjien Bestuurder

Ons kliënt verbou, verpak en bemark sagtevrugte en groente in die Wes- en Oos-Kaap. Hulle is tans op soek na ‘n Gradering- en Verpakkingsmasjien Bestuurder vir hul uie-verpakkingsafdeling. Hierdie pos in buite Ceres in die Prins Alfred Hamlet omgewing gebaseer.

Die persoon sal verantwoordelik wees vir die totale bedryf van ‘n hoë tegnologie gradeer- en verpakkingslyn met spesifieke verwysing na :

  • Optiese(intern & ekstern) gradering van uie & verpakking van uie vir verskillende kanale,
  • Bestuur van ongeveer 100 personeel
  • Instandhouding van toerusting
  • HACCP /BRC-vereistes in dié afdeling.
  • Kwaliteitsbestuur

Vereistes:

  • Graad 12
  • ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie sal jou aansoek versterk
  • Toepaslike kennis van die instandhouding van graderings- en verpakkingsmasjienerie
  • Bogemiddelde bestuurs- en mensevaardighede
  • Goeie rekenaarvaardighede (MS Office)

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne 4 weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Scroll To Top