Junior Produksiebestuurder

Ons kliënt spesialiseer in die produksie en uitvoer van tafeldruiwe en het tans ‘n uitstekende geleentheid vir ‘n hardwerkende en gemotiveerde individu om by hul maatskappy aan te sluit. Die spesifieke produksie eenheid is geleë in die Portervile area. Die Junior Produksiebestuurder sal rapporteer aan die Senior Produksiebestuurder.

 Verantwoordelikehede

  • Bestuur en verdere ontwikkeling van eenheid in samewerking met die Senior Produksiebestuurder
  • Bestuur van produksie gehalte
  • Besproeiing
  • Bemesting en bespuiting van eenheid in samewerking met Senior Produksiebestuurder
  • Pakhuis Bestuur
  • Werwing en opleiding van personeel

Vereistes:

  • Graad 12 met ‘n toepaslike kwalifikasie in landbou
  • Basiese kennis van bestuurstelsels (GlobalGap, ens.)
  • Moet goed druk kan hanteer
  • Moet bevoegd wees in rekordhouding en administrasie
  • Goeie mense verhoudinge en kommunikasievaardighede
  • Rekenaarvaardig

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.