Operasionele Bestuurder

Ons kliënt spesialiseer in die produksie, verpakking en uitvoer van  tafeldruiwe en sitrus en het tans ‘n uitstekende geleentheid vir ‘n individu om by hulle aan te sluit as hul Operasionele Bestuurder.

Fokus areas sluit in aspekte wat tipies deur ‘n landbou ekonoom gedek word soos koste bestuur en produktiwiteitsnorme. Die Operasionele Bestuurder sal verder ook die Besturende Direkteur ondersteun met spesifieke aspekte van die boerdery- en pakhuisbedrywighede in ooreenstemming met die strategiese plan asook koördinering van die die bedryfs- en kapitaalbegrotings. Die koördinering van nuwe ontwikkellings en projekte, strategiese aankope en sekere infrastruktuur verbetering en ontwikkeling word hierby ingesluit.

Hoof Uitsette:

  • Koste Bestuur/Ontledings vir die Groep (Arbeid, Inset Kostes, Produktiwiteitsnorme ens,)
  • Ontleding van maandstate
  • Koördinering van kapitale spanderings/projekte
  • Produktiwiteit/Effektiwiteitsmetings/Inligting Stelsel
  • Koördinering van Plantmateriaal Beplanning/Kultivar vervangingsplan
  • Aankope/Pakmateriaal
  • Infrastruktuur/Kapasiteitsbeplanning (Behuising, Pakstore, Vervoer, ens.)
  • Nuwe Projekte koördineer

 

Vereistes:

  • Landbou Ekonomie of ander toepaslike tersiêre kwalifikasie
  • Ten minste 8 jaar ondervinding in bestuur
  • Uitstekende mensevaardighede, met die vermoë om met ‘n dinamiese leierskapspan saam te werk
  • Analities met goeie begrip vir inligtingstelsels
  • Resultaat-gedrewe
  • Strategiese denke
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Deeglike kennis van vrugte boerdery en die landbou omgewing
  • Beplanning en projekbestuur

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag

 

 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.