Pakhuisbestuurder

Ons kliënt, geleë in Somerset Wes, het ‘n opwindende geleentheid vir ‘n geskikte persoon om as Pakhuisbestuurder by hul span aan te sluit. Die pos behels effektiewe bestuur van die pakhuis op die landgoed om te verseker dat die voorbereiding en verpakking van vrugte voldoen aan kwaliteit standaarde en voorgeskrewe vereistes.

 

Vereistes:

  • Toepaslike naskoolse kwalifikasie in landbou/voedseltegnologie
  • Vyf jaar bewese en toepaslike ondervinding in die verpakking van landbou produkte
  • Kennis van kern- en steenvrugte kwaliteit standaarde en spesifikasies.
  • Sterk leierskap, organiserings en bestuursvaardighede
  • Bogemiddelde rekenaar vaardighede
  • Goeie kommunikasie en interpersoonlike vaardighede
  • Tegniese vaardighede

 

Sleutel prestasie areas sluit in:

  • Beplanning en organisering en bestuur van prosesse, deursette, mannekrag, koelkamers, pakmateriaal en alle toepaslike hulpbronne
  • Optimale sortering en gradering van vrugte
  • Optimale bestuur van vrugte koue ketting
  • Nakoming van vereiste voedselveiligheid en kwaliteit standaarde (BRC, HACCP ens.)
  • Administrasie en skepping van uitpak verslae, produksierekords en produktiwiteit verslae (Vitrax data)
  • Bestuur van logistiek en versending van klaar verpakte produkte
  • Noukeurige rekordhouding en begrotingsbeheer

 

Indien u nie binne 3 weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal, sal gekontak word.