Pakhuisbestuurder

Ons kliënt is ‘n produsent-verpakker-uitvoerder van sitrus en rooibostee geleë in die Citrusdal-omgewing. Daar bestaan ‘n geleentheid vir ‘n dinamiese en energieke persoon met ervaring in vrugteverpakking om by hul maatskappy aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat rapporteer direk aan die Bedryfsbestuurder Verpakking.

Sleutelprestasie-areas:

  • Bestuur en ontwikkeling van personeel
  • Monitering van produktiwiteitsbestuur stelsels
  • Nakoming van kwaliteitsbestuursprosesse
  • Verliesbeheer
  • Optimisering van produk-, toerusting-en kostebestuur
  • Kwaliteitsbeheer

Vereistes:

  • Toepaslike tersiêre kwalifikasie in logistiek-of pakhuisbestuur
  • Die vermoë om deurlopend onder druk te presteer
  • Bewese ervaring in ‘n pakhuis produksie omgewing met sterk leierskap-en bestuursvaardighede
  • Goeie kommunikasie en interpersoonlike vaardighede
  • Kennis van vrugte kwaliteitstandaarde
  • Die vermoë om in spanverband te werk en inisiatief te neem

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ‘n volledige Curriculum Vitae (in Word formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ‘n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salarisverwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Sluitingsdatum: 27 Januarie 2020

Indien u nie binne 4 weke na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie suksesvol was nie. Slegs kandidate wie die kortlys haal, sal gekontak word.