Produksie Admin Beampte

Ons kliënt spesialiseer in die produksie en verpakking van sitrus, perskes, rooibostee en wyndruiwe en het tans ‘n uitstekende geleentheid vir ‘n individu om by hulle aan te sluit as hul Produksie Admin Beampte.

Die doel van die pos is die korrekte en intydse invoering en verwerking van data, gesondheid en veiligheid administrasie en algemene kantoor administrasie.

Hoof funksies:

  • Produksie administrasie, o.a. die verwerking van lone, plukkaartjies en vooroes inspeksies
  • Invoering van diesel verbruik en byhou van vervoer rekords
  • Administrasie van bemesting, spuit- en besproeiiing invoere en voorrad opnames van spuitkamer
  • Administrasie van alle akkreditasies insluitend gesonheid- en veiligheidstelsel.
  • Maandelikse gesondheid- en veiligheidsinspeksies op plaas
  • Algemene kantoor administrasie

Vereistes:

  • Graad 12 met ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie
  • Basiese kennis van gesondheid en veiligheid
  • Sterk administratiewe vaardighede
  • Sterk beplanning en organiseringsvermoë
  • Vaardig in MS Office programme, spesifiek MS Excel
  • Sterk interpersoonlike en kommunikasie vaardighede
  • Detail gefokus en taak georiënteerd
  • Vermoë om onafhanklik en onder druk te kan funksioneer
  • Goeie leierskap vaardighede

 

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n Volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n Dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • Beskikbaarheid
  • Referente wat gekontak mag word

 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal, sal gekontak word.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 23 Oktober 2020