Produksiebestuurder

Monteith Logo

Monteith Trust, ‘n gevestigde vrugteboerdery, benodig tans ’n doelwitgedrewe Produksie Bestuurder met ervaring en ‘n toepaslike na-skoolse kwalifikasie op die afdeling, Bergvallei in die Grabouw area. Hierdie is ‘n permanente posisie, gekoppel aan ‘n billike proeftyd en ‘n mededingende vergoedingspakket sal aangebied word.

Die pos, wat aan die Algemene Bestuurder rapporteer, sal verantwoordelik wees vir:

  • Noukeurige bestuur van alle fasette van produksie met die fokus op gehalte en die toepassing van beste praktyk.
  • Effektiewe bestuur van die eenheid se menslike hulpbronne deur goeie beplanning.
  • Werwing, keuring en aanstelling van produksie personeel.
  • Personeel induksie, opleiding en doelwitstelling.
  • Veiligheid, gesondheid en higiëne standaard opleiding en kontrole.
  • Beplanning en kontroleer van bywoning en werkrekords.
  • Deelnemende beplanning en bestuur van spuit chemie en plantvoeding.
  • Bestuur van water, besproeiing en energie.
  • Hantering van konflik en verseker dat dissipline gehandhaaf word.
  • Bestuur van behuisingsreëls en versekering dat behuisings area op standaard is.
  • Deelnemende beplanning tot die finansiële begroting en die bestuur daarvan.
  • Kontrole oor uitgawes.
  • In samewerking met Instandhouding en Werkswinkel die bestuur van onderhoud van eiendom, geboue, trekkers en implimente.
  • Die handhawing van SIZA en GlobalGap standaarde.

 

Posvereistes:

  • Benewens ’n passie vir die vrugtebedryf, beskik die ideale kandidaat oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en/of met bewese ervaring van minstens 5 jaar in ’n soortgelyke pos.
  • Goeie interpersoonlike- en kommunikasievaardighede.
  • Sterk beplanning organiserings- en administratiewe vaardighede sal noodsaaklik wees
  • Moet bereid wees om per geleentheid naweekdiens te doen.

 

Rig u CV aan Die Personeelbestuurder, Posbus 82, GRABOUW, 7160

Tel. (021) 849 8733 of e-pos: coba@monteith.co.za

 Sluitingsdatum: Maandag, 7 Mei 2021

 

Indien u geen terugvoering binne drie weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.