Produksiebestuurder (Varkboerdery)

Ons kliënt is ‘n varkboerdery geleë net buite die Paarl. Hulle het tans ‘n opwindende geleentheid vir ’n geskikte persoon om as Produksiebestuurder by hul span aan te sluit.

Verantwoordelikhede:

  • Produksie van top kwaliteit diere
  • Bestuur van werkspan
  • Verspreiding van voedsel en medisyne
  • Instandhouding van fasiliteite
  • Beheer kontrole van ventilasie- en temperatuurtoestande
  • Onderhoud van alle produksie standaarde en prosedures
  • Bio-sekuriteit

Vereistes:

  • Graad 12 met toepaslike tersiêre kwalifikasie
  • Minstens 3 jaar ervaring, met goeie ondervinding van moderne produksietoerusting en metodes – (Piggeries)
  • Bestuur van KI-program en rekordhouding
  • Uitstekende leierskapvermoë
  • Sterk rekenaarvaardighede
  • Goeie tydsbestuurvaardighede

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 29 Januarie 2021