Senior Produksiebestuurder

 

Ons kliënt benodig tans ’n Senior Produksiebestuurder om verantwoordelikheid oor 90 hektaar kern- en steenvrugte te neem. In hierdie pos sal die persoon ’n wye reeks dienste en praktyke aan twee produksie-eenhede te lewer. Die pos is in Villiersdorp gebaseer.

Die vernaamste pligte behels onder meer:

  • Bestuur alle fasette van produksie, bv. bemesting, besproeiing, snoei, lowerbestuur, rypheidsmonitering, ens.
  • Personeelbestuur
  • Hulpverlening met ander boedery dissiplines
  • Ondersteuning en mentorskap aan personeel bied

 Die ideale kandidaat is in besit van: 

  • ’n Toepaslike landbou kwalifikasie met minstens 8-10 jaar ondervinding
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Vermoë om in goed binne spanverband te kan funksioneer en mense te motiveer
  • Goeie interpersoonlike- en bestuursvaardighede beskik
  • Goeie rekenaar vaardighede (MS Office)

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

 ’n volledige Curriculum Vitae (in MS Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede

  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 Sluitingsdatum vir aansoeke: 21 Junie 2021