Senior Sitrus Produksiebestuurder

Ons kliënt is ‘n vooraanstaande sitrus produsent en hulle bied tans ‘n geleentheid vir ‘n dinamiese, energieke en ervare Produksiebestuurder om as deel van hul span in die Weskus omgewing aan te sluit.

Sleutel Prestasie Areas :

  • Produksiebestuur (tegnies) en beplanning
  • Personeelbestuur
  • Besproeiings bestuur
  • Chemiese program bestuur
  • Bemesting program bestuur
  • Koste en begroting bestuur
  • Onderhoud en bestuur van geboue, toerusting en implimente
  • Kwaliteitsbestuur
  • Bestuur van stelsels en administrasie
  • Omgewingsbestuur
  • Nuwe kapitaal- en boord ontwikkeling

Minimum vereistes:

  • Graad 12 met ‘n tersiêre landbou kwalifikasie
  • Minimum 8 jaar ondervinding in sitrus verbouing
  • Kennis en ervaring in relevante akkreditasies
  • Rekenaarvaardigheid (Excel en Word)
  • Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede
  • Vermoë om in spanverband te kan werk en inisiatief te neem

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne 4 weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 Sluitingsdatum: 26 November 2020