Tafeldruif Produksie Bestuurder (Piketberg)
Ons kliënt is ‘n prominente en vooruitstrewende uitvoer tafeldruif produsent en benodig die dienste van ‘n Produksie Bestuurder vir een van hulle afdelings in die Piketberg area.
Die pos behels die bestuur van ‘n produksie eenheid van ± 70 ha wat as ‘n winssentrum op sy eie hanteer moet word.
Die pos sluit in, maar is nie beperk tot die vestiging en bestuur van wingerd onder besproeiing asook die relevante personeel, infrastruktuur, bates en aktiwiteite op die plaas.
Vereistes:
- Minstens 5 jaar toepaslike ondervinding in die verbouing van tafeldruiwe.
- Na-skoolse kwalifikasies in Landbou sal u aansoek versterk.
- Bestuursvaardighede in die volgende fasette word verlang:
produksie – finansies / koste bestuur
bates en verliesbeheer – personeelbestuur
opleiding en ontwikkeling – omgewing bestuur
- Benewens kwalifikasies en ondervinding, word die volgende persoonlike eienskappe verwag:
Probleem oplossing en analitiese vaardighede
Selfgemotiveerd en selfstandig
Leierskap en interpersoonlike vaardighede
Besigheidsinsig en oriëntering
Kommunikasie vaardighede
Mensgerigtheid
‘n Mededingende vergoedingspakket in ooreenstemming met toepaslike kwalifikasies en ondervinding word aangebied. Byvoordele sluit lidmaatskap van ‘n voorsorgfonds en mediese skema in.
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
- Dat u ons Privaatheidsbeleid (www.hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum: 20 Mei 2024