Tee-Paklyn Tegnikus

Ons kliënt, Bergendal Rooibos beskik tans oor ‘n opwindende geleentheid vir ‘n geskikte persoon met ‘n elektriese en meganiese aanleg vir die meganiese werking van sensitiewe verpakkingsmasjiene. Hierdie pos rapporteer aan die Bestuurder Tee Verpakking en is in die Citrusdal omgewing geleë.

Pligte en verantwoordelikhede:

  • Operateur van verskeie tee verpakkingsmasjiene
  • Moniteer werking van masjiene en kwaliteit van produk
  • Rapporteer en inspekteer foute op masjiene
  • Basiese algemene herstelwerk aan die hand van ‘n interne stelsel
  • Akkurate byhou van onderhoud op masjiene
  • Trekking van daaglikse monsters
  • Toesighouding oor personeel
  • Huishouding van verantwoordelikheidsarea
  • Verseker voldoening aan Voedselveiligheid, asook Gesondheid en Veiligheid reëls

Minimum Vereistes:

  • Graad12 met ‘n toepaslikemeganiese / elektrieseofrelevanteproduksie-kwalifikasie
  • 2 jaar ervaring in ‘n soortgelyke vervaardigings/verpakkings bedryf
  • Goeie mensebestuursvaardighede
  • Meganiese aanleg
  • In staat om in ‘n multi-dissiplineomgewing te kan werk
  • Goeie kommunikasievaardighede
  • Vermoë omonder druk te kan werk
  • Bekend wees met voedsel-kwaliteitstandaarde
  • Fokus op detail
  • Bereid wees om na -ure werk te verrig

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 29 Mei 2020