Tegnikus

Ons kliënt is ‘n multinasionale maatskappy wie se fokus is op R & D en die vervaardiging van elektroniese vrugte en groente sorteer masjiene. Hulle is tas op soek na ‘n Tegnikus om by hulle aan te sluit. Die pos is in Citrusdal gebaseer.

 Verantwoordelikhede: 

  • Installeer, inspekteer en toets rekenaarsisteme, sagteware en ander produkte
  • Opgradering van sisteme en stelsels
  • Bied tegniese raad aan kliënte
  • Telefoniese bystand
  • Ondersoek en herstel wanfunksionering boodskappe op masjienerie
  • Gee relevante terugvoer aan alle interne departemente
  • Verseker dat die kliënte tevrede gestel word rakende Tegniese kwessies
  • Instandhouding van tegniese aspekte

Vereistes:

  • Gekwalifiseerde Elektrisiën/”Millwright”
  • 3 – 5 jaar se vorige ervaring in ‘n vervaardigingsomgewing
  • Sterk elektriese kennis en foutsporing ervaring
  • Rekenaargeletterd
  • Self gemotiveerd
  • Tweetalig (Afrikaans en Engels)
  • Bereid om plaaslik en internasionaal te reis
  • Geldige rybewys
  • Geldige paspoort
  • Bereidwilligheid om lang ure te werk

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 17 Junie 2021