Paarl La Concorde,
57 Main Road,
Paarl, 7646

Tel: +27 21 863 0830

Fax: +27 21 863 0906

Vrugte Paklyn Bestuurder

Ons kliënt, ‘n verpakkingsaanleg in Vyeboom/Villiersdorp het ‘n vakature vir ‘n paklyn bestuurspos. Die suksesvolle kandidaat het ervaring van die verpakking van kern- en steenvrugte.

Die suksesvolle kandidaat moet verantwoordelikheid vir die volgende aanvaar:

  • Die totale bestuur van die paklyn (Aweta gradeerder)
  • Instandhoudingswerk op die paklyn
  • Bestuur en motivering van paklyn personeel
  • Nakoming van toepaslike wetlike vereistes soos BRC

Vereistes:

  • Deeglike kennis van die verpakking en kwaliteitsvereistes van appels, pere en pruime
  • Deeglike kennis van Paltrack
  • Die vermoë om onder druk te kan werk
  • Goeie mensebestuur en dissipline kan handhaaf

Die kliënt bied ‘n mededingende salarispakket asook behuising, voorsorg- en mediese fonds.

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.