Supervisory Skills: Quality & Productivity
The purpose of the programme:
Leerders word gelei hoe om daardie aktiwiteite waarvoor hy/sy daagliks verantwoordellik is, suksesvol en korrek te doen, soos hoe om:
- Die KWALITEIT van die produk of diens waarvoor hy/sy verantwoordelik is te verbeter en te optimaliseer.
- Die PRODUKTIWITEIT van elke werker in die span te verbeter en
- Die MORAAL van elke werker in die span te verhoog.
Ons betrek die toesighouer se bestuurder sodat hy/sy na afloop van die kursus die toesighouer se resultate in die werksplek kan moniteer.
DIE PROGRAM UITLEG
Voordat die kursus ‘n aanvang neem, sal die opleier met die bestuurder/eienaar in verbinding tree om sy verwagtinge, kwaliteit- en produktiwiteitstandaarde uit te klaar.
Daar sal ook met die bestuurder ooreengekom word wat hy/sy na afloop van die kursus moet doen om seker te maak dat die toesighouer wel die nuut aangeleerde vaardighede doeltrefend toepas.
Content:
Inhoud van dag 1
Die onderstaande beginsels en konsepte word gedek:
Module 1: Kwaliteit
- Wat is kwaliteit?
- Wie bepaal kwaliteit?
- Hoe om die verwagte kwaliteitstandaarde na elke werker in die span te kommunikeer.
- Hoe om kwaliteit doelwitte en resultate te evalueer.
- Hoe om kwaliteitresultate met die spanlede te deel.
- Deelnemers doen voor die afsluiting van die dag ‘n praktiese oefening waarin die bogenoemde prakties gedoen word.
Module 2 Produktiwiteit
- Wat is produktiwiteit?
- Hoe word produktiwiteit gemeet?
- Hoe kan produktiwiteit verbeter word?
- Hoe om lae produktiwiteit te bestuur
- Hoe om produktiwiteitstandaarde te stel en te bestuur.
- Deelnemers doen n praktiesee oefening wat na afloop van die kursus in die werkplek gebruik kan word.
Inhoud dag 2
Module 3: Moraal & aanbieding van praktiese werkstukke
- Die verskil tussen ‘n gewone werker en ‘n gemotiveerde werker.
- Hoe weet ons wanneer ‘n werker gemotiveerd is?
- Tegnieke en beginsels wat gebruik kan word om moraal te verhoog.
- Hoe meet ons die moraal van die werkers in die span?
- Na afloop van die module doen die deelnemers weereens ‘n praktiese oefening wat onmiddelik in die werksplek toegepas kan word.
- Deelnemers dra hulle 3 praktiese werkstukke voor en deel sy/haar plan van aksie met betrekking tot die implimentering van die Kwaliteit-, Produktiwiteit- en Moraal standaarde.
Additional Info:
Duur: | 2 dae |
Koste: | Contact [email protected] for price. |
Minimum: | 10 leerders |
Maksimum: | 15 leerders |
Skakel ons kantore vir ‘n inhuis-aanbieding.
Course dates:
The course is also available for in-house presentation. Please contact our offices for more information.