VERKOOPSVAARDIGHEDE
The purpose of the programme:
Ons verkoopsvaardighede program word aangebied oor ‘n periode van twee dae.
Content:
Dag 1.
1. Wat is aanvaarbare- en onaanvaarbare verkoopsgedrag?
• Deelnemers leer deur middel van praktiese groepsoefeninge om te onderskei tussen aanvaarbare en on- aanvaarbare gedrag.
• Hulle bevindinge word daarna toegelig/ ondersteun deur middel van ‘n eenvoudige gedragsmodel.
• Hulle doen ‘n selfanalise van hulle huidige verkoopsgedrag, hetsy aanvaarbaar of onaanvaarbaar.
• Hulle leer hoe om ‘n kliënt se gedrag tydens die verkoopsonderhoud, te kategoriseer.
2. Gedragsverandering
• Die moets en moenies tydens die verkoopsproses. Gedrag wat vir die klant aanvaarbaar en onaanvaarbaar is.
• Tegnieke om die verkoopspersoon te help om sy/haar eie gedrag te verander ten einde ‘n wen-wen situasie met die klant te skep.
• Die stappe van oorreding wat tydens ‘n professionele verkoopsproses gevolg moet word.
• Hantering van die klant se besware deur gebruik te maak van doeltreffende en toepaslike vraagtegnieke.
• Die voorbereidingsproses voor die afspraak met die klant.
Dag 2. Rolspelle
Dag twee bestaan uit praktiese rolspelle waar die deelnemers die leerpunte en tegnieke van dag 1 moet toepas.Terugvoer word na elke rolspel verskaf. Die rolspelle is gebaseer op werklike gevalle wat hulle al ervaar het
Additional Info:
Duur: 2 dae
Minimum per Groep: 10
Aanbieding: Afrikaans / Engels
Koste: Kwotasie op aanvraag
Fasiliteerder: Pieter Swanepoel
Kontak karen@hopcal.co.za vir navrae
Course dates:
The course is also available for in-house presentation. Please contact our offices for more information.