Produksie Bestuurder: Bokkeveld Area

Ons kliënt verlang die dienste  van ‘n selfgemotiveerde doelwitgedrewe Produksie Bestuurder met toepaslike ervaring en kwalifikasies  vir ‘n  bestuurspos in die Witzenberg omgewing.

 Verantwoordelikhede 

  • Kontrole en effektiewe bestuur van alle produksiefasette (snoei, uitdun, kunsmis en besproeiing) van betrokke bedryfsvertakkings (steen en kernvrugte) om ‘n vooruitstrewende eenheid te skep
  • Effektiewe rekordhouding
  • Effektiewe en doelgerigte bestuur van werksmag vir n afdeling insluitend Toesighouers
  • Nakoming en instandhouding van gehalte bestuurstelsels onder andere Global Gap ens.

 Vereistes

  • Landbou opleiding en of ten minste 3 jaar toepaslike soortgelyke ervaring
  • Goeie organiseringsvermoëns
  • Vermoë om met tye onafhanklik te kan bestuur
  • Eerlik, dinamies en hardwerkend.(“hands on”)
  • Goeie menseverhoudinge
  • Administrasie- en rekenaarsvaardighede

Die pos bied die geleentheid om deel te wees van n dinamiese groep wat doelgerig en passievol strewe na volhoubaarheid en vooruitgang.n Strewe na groei is van kardinale belang.

‘n  Mededingende vergoedingspakket en behuising word in ruil vir u dienste aangebied.

 

Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid (www.hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.

 

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 

Sluitingsdatum: 17 April 2026