Lone- en Administratiewe klerk

Ons kliënt is ‘n produsent van tafeldruiwe geleë net buite die Paarl. Hulle is tans opsoek na ‘n hardwerkende en toegewyde persoon om as Lone-en Administratiewe klerk by hul besigheid aan te sluit.

 Minimum vereistes:

  • Graad 12 met ‘n gepaste naskoolse kwalifikasie
  • 2-3 jaar lone verwerking in landbou omgewing
  • Gevorderde Exel vaardighede
  • Detail gefokus
  • Akkuraatheid
  • Goeie kommunikasie vaardighede
  • Selfgeldend
  • Vermoë om onder druk en teen tydslyne te werk

Verantwoordelikhede:

  • Loon-, personeel- en produksie administrasie
  • Rekordhouding produksie verwante aktiwiteite
  • Administratiewe koördinering van o.a. kwaliteitsversekeringstelsels en etiese handelsvoorwaardes
  • Algemene rekenaarwerk en liassering

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 Indien u nie binne 4 weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.