Junior Dieselwerktuigkundige

Ons kliënt in die Piketberg-omgewing benodig ’n ambisieuse, selfgedrewe en hardwerkende junior dieselwerktuigkundige om kundige meganiese instandhouding en herstel van die maatskappy se vloot en implemente te hanteer.

Minimum vereistes: 

  • Graad 12 (‘n toepaslike tegniese kwalifikasie sal in u guns tel)
  • Ten minste 3-5 jaar ondervinding in algemene meganika in ’n landbou-omgewing
  • Praktiese ondervinding in die opknapping van enjins en ratkasse in verskeie landbouvoertuie
  • ’n Geldige rybewys
  • Tweetaligheid in Afrikaans en Engels
  • Fisies fiks en gesond en deursettingsvermoë om pligte in ’n landbou-omgewing te verrig 

Verantwoordelikhede sluit in: 

  • Diagnose en herstel van meganiese defekte in voertuie en implemente (trekkers, vragmotors, bakkies, spilpunte, pompe en implimente)
  • Herstel, vervanging en aanpassing van trekkers se hidrouliese stelsels
  • Voorkomende ondersoeke en herstelwerk, insluitend die omruil van olie en filters, dienste, nagaan van remme en ander stelsels
  • Opknapping en herstel van enjins, ratkaste en finale aandrywings
  • Rekordhouding van onderdele en dienste
  • Voorraadbeheer en bestel van parte en toerusting

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne 4 weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.