Senior Wingerdboutegnikus

Ons kliĆ«nt Vititec (Edms.) Bpk. is die wynbedryf se leier in die vermeerdering en verbetering van wingerd plantmateriaal. Hulle beskik tans oor ‘n loopbaangeleentheid in die Paarl vir ‘n kandidaat as ‘n Senior Wingerdboutegnikus.

Hooffunksies:

  • Vestiging inspeksie en neem van monsters in moederblokke
  • Sertifisering en uitreiking van entmateriaal en hantering van gepaardgaande administrasie
  • Skakeling met produsente
  • Insamel van Elisa monters

Vereistes:

  • ā€˜n Elsenburg of soortgelyke diploma met wingerdkunde
  • 8 jaar toepaslike ervaring
  • Kweekhuis ervaring
  • Kennis van wingerdkwekery verbouing
  • Die vermoĆ« om goeie kliĆ«nteverhoudinge te bou en te handhaaf
  • Rekenaarvaardigeheid (MS Office)

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-posbesonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salarisverwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.