Ontvangsdame

Ons kliënt is die onafhanklike diensorganisasie wat Suid-Afrikaanse wynprodusente van spesialis dienste voorsien en op verskeie forums verteenwoordig. Ons het tans die geleentheid vir ’n dinamiese individu om die funksie by hulle te behartig.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Ontvang van besoekers
  • Beheer van algemene telefoonlyn
  • Aankope diverse items vir gebou
  • Hanteer besprekings van komiteekamers,projektors en klankstelsel
  • Behulpsaam met pos van fakture en state
  • Behulpsaam met akkommodasie en reis/vlug besprekings
  • Liasering van dokumente
  • Ad hoc administratiewe take
  • Sekretariële ondersteuning aan bestuur
  • Koördinering van skoonmakers 

Die bevoegdhede/ vereistes benodig vir die pos is: 

  • Graad 12 met ‘n administratiewe kwalifikasie
  • Uitstekende kommunikasie vaardighede, geskrewe en verbaal
  • Innoverende denke
  • Uitstekende administratiewe vaardighede
  • Akkuraatheid en detail ingesteldheid van uiterste belang
  • Goeie tydsbestuur
  • Goeie kennis van Excel, Word
  • Onafhanklike funksionering

Ingevolge ons kliënt se Gelyke Indiensnemingsplan sal voorkeur verleen word aan kandidate uit voorheen benadeelde agtergronde.

Diensaanvaarding 1 Februarie 2020

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.