Admin en Lone Beampte
Ons kliënt bestuur ’n kern- en steenvrugte plaas in die Piket-bo-berg area naby Piketberg. Hulle het tans ‘n geleentheid vir ‘n Administrasie en Lone Beampte om by hulle aan te sluit.
Verantwoordelikhede:
- Donkerhoek data – Lone en verslae
- FMA – Allokasie van lone en verslae ( Donkerhoek Produksie Kostes Allokasies)
- Hantering van werksbeserings (WCA’s)
- BRC en GlobalGap oudits ( Nurture’s Choice , Siza , Arbeid oudits)
- Dokters en Tandarts rekeninge
- Kleinkas
- Briewe opstel (Werks bevestigings ens)
- Verslae opstel
- Hantering van Algemene navrae
- Hulp met Sosiale ontwikkeling
- Hulp met Arbeidswetgewing
- Algemene Administrasie
Vereistes:
- Graad 12 (‘n toepaslike kwalifikasie sal voordelig wees)
- 3-5 jaar ondervinding in weeklikse lone, insluited seisoen werkers
- 3-5 jaar ondervinging in uitvoer vrugte kwaliteits oudits
- Deeglik, met noukeurige aandag
- Vermoë om met mense te werk (ferm en menslik)
- Vermoë om onafhanklik te werk, goeie beplanning en doel gerig
- Eie vervoer
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.