Produksie Bestuurder
Monteith Trust, ‘n gevestigde vrugteboerdery, benodig tans ’n doelwitgedrewe Produksie Bestuurder met ervaring en ‘n toepaslike na-skoolse kwalifikasie op die plaas Groenhange in die Grabouw area. Hierdie is ‘n permanente posisie, gekoppel aan ‘n billike proeftyd en ‘n mededingende vergoedingspakket sal aangebied word.
Verantwoordelikhede:
Die pos, wat aan die Algemene Bestuurder rapporteer, sal verantwoordelik wees vir:
- Noukeurige bestuur van alle fasette van produksie met die fokus op gehalte en die toepassing van beste praktyk.
- Effektiewe bestuur van die eenheid se menslike hulpbronne deur goeie beplanning.
- Werwing, keuring en aanstelling van produksie personeel.
- Personeel induksie, opleiding en doelwitstelling.
- Veiligheid, gesondheid en higiëne standaard opleiding en kontrole.
- Beplanning en kontroleer van bywoning en werkrekords.
- Deelnemende beplanning en bestuur van spuit chemie en plantvoeding.
- Bestuur van water, besproeiing en energie.
- Hantering van konflik en verseker dat dissipline gehandhaaf word.
- Bestuur van behuisingsreëls en versekering dat behuisings area op standaard is.
- Deelnemende beplanning tot die finansiële begroting en die bestuur daarvan.
- Kontrole oor uitgawes.
- Onderhoud van eiendom, geboue, trekkers en implimente.
- Die handhawing van SIZA en GlobalGap standaarde.
Posvereistes:
- Benewens ’n passie vir die vrugtebedryf, beskik die ideale kandidaat oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie met bewese ervaring van minstens 5 jaar in ’n soortgelyke pos.
- Goeie interpersoonlike- en kommunikasievaardighede.
- Sterk beplanning organiserings- en administratiewe vaardighede sal noodsaaklik wees
- Moet bereid wees om per geleentheid naweekdiens te doen.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n Volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n Dekbrief wat jou aansoek motiveer
- Beskikbaarheid
- Referente wat gekontak mag word
Rig u CV aan Die Personeelbestuurder:
Posbus 82,
Grabouw
7160
Tel: 021 849 8733 or e-pos: coba@monteith.co.za
Indien u geen terugvoering binne drie weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 09 November 2020