Lone & Produksie Administrateur

Monteith Trust, ‘n gevestigde boerdery buite Grabouw, benodig tans ’n doelwitgedrewe, streng en gedissiplineerde Lone & Produksie Administrateur. Hierdie is ‘n permanente posisie, gekoppel aan ‘n billike proeftyd en ‘n mededingende vergoedingspakket sal aangebied word.
Die pos sal verantwoordelik wees vir die:
- Loonstelsel instandhouding
- Tydige en korrekte verwerking van lone
- Loon-, personeel-,verlof-, opleiding- administrasie en rekordhouding
- Maandelikse rekonsiliasie van lone
- Rekordhouding en administrasie van produksie verwante aktiwiteite
- Ondersteuningsfunksie vir Produksie- en Personeel Bestuurder/s
- Aankope volgens produksie span behoeftes
- Algemene rekenaarwerk en liasering
Vereistes:
- Minimum kwalifikasie van Graad 12
- Kennis van VIP of ‘n soortgelyke loonprogram sal in u guns tel.
- Gevorderde rekenaarvaardighede in MS Office
- Moet goeie menseverhoudings hê
- Moet goeie organiserings vaardighede hê
- Moet baie akkuraat en presies wees
- Vermoë om onder druk en teen tydslyne te werk
- Moet op eie kan funksioneer sowel as in ‘n span
- Eerlik, opreg en sober gewoontes
- Geldige bestuurslisensie en eie Vervoer
Rig u CV aan Die Personeelbestuurder, Posbus 82, GRABOUW, 7160
Tel. (021) 849 8733 of e-pos : coba@monteith.co.za
Indien u geen terugvoering binne drie weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Sluitingsdatum: Vrydag, 11 Desember 2020