Kwaliteit en Administratiewe Beampte
Ons kliënt spesialiseer in die produksie en verpakking van sitrus, perskes, rooibostee en wyndruiwe en het tans ‘n uitstekende geleentheid vir ‘n individu om by hulle aan te sluit as hul Kwaliteit & Administratiewe Beampte. Hierdie pos is in Citrusdal gebaseer.
Verantwoordelikhede:
- Logistieke admin
- Behulpsaam wees met die bestellings en bestuur van skryf behoeftes, PPE, skoon maak goedere, verpakkings materiaal voorraad
- Oudit dokumente op datum hou (met die fokus op BRC dokumentasie)
- Kwaliteits beheer van produkte en kwaliteit span
- Argief bestuur
- “Retainer sample” bestuur
- Invoer van data
- Byhou van sisteme en prosedures
Vereistes:
- Graad 12 met ‘n toepaslike landbou kwalifikasie
- Relevante voedsel kwaliteitservaring
- Sterk administratiewe vaardighede
- Sterk beplanning en organiseringsvermoë
- Sterk interpersoonlike en kommunikasie vaardighede
- Sterk mense bestuur vermoeë
- Detail gefokus en taak georiënteerd
- Vaardig in MS Office programme
- Vermoë om onafhanklik en onder druk te kan funksioneer
- Goeie leierskap vaardighede
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n Volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n Dekbrief wat jou aansoek motiveer
- Beskikbaarheid
- Referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal, sal gekontak word.
Sluitingsdatum: 3 Mei 2022