Tegnikus
Ons kliënt is ‘n multinasionale maatskappy wie se fokus is op R & D en die vervaardiging van elektroniese vrugte en groente sorteer masjiene. Hulle is tas op soek na ‘n Tegnikus om by hulle aan te sluit. Die pos is in Citrusdal gebaseer.
Verantwoordelikhede:
- Installeer, inspekteer en toets rekenaarsisteme, sagteware en ander produkte
- Opgradering van sisteme en stelsels
- Bied tegniese raad aan kliënte
- Telefoniese bystand
- Ondersoek en herstel wanfunksionering boodskappe op masjienerie
- Gee relevante terugvoer aan alle interne departemente
- Verseker dat die kliënte tevrede gestel word rakende Tegniese kwessies
- Instandhouding van tegniese aspekte
Vereistes:
- Gekwalifiseerde Elektrisiën/”Millwright”
- 3 – 5 jaar se vorige ervaring in ‘n vervaardigingsomgewing
- Sterk elektriese kennis en foutsporing ervaring
- Rekenaargeletterd
- Self gemotiveerd
- Tweetalig (Afrikaans en Engels)
- Bereid om plaaslik en internasionaal te reis
- Geldige rybewys
- Geldige paspoort
- Bereidwilligheid om lang ure te werk
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum: 17 Junie 2021