Vrugte Paklyn Bestuurder
Ons kliënt, ‘n verpakkingsaanleg in Vyeboom/Villiersdorp het ‘n vakature vir ‘n paklyn bestuurspos. Die suksesvolle kandidaat het ervaring van die verpakking van kern- en steenvrugte.
Die suksesvolle kandidaat moet verantwoordelikheid vir die volgende aanvaar:
- Die totale bestuur van die paklyn (Aweta gradeerder)
- Instandhoudingswerk op die paklyn
- Bestuur en motivering van paklyn personeel
- Nakoming van toepaslike wetlike vereistes soos BRC
Vereistes:
- Graad 12 met ‘n toepaslike kwalifikasie
- Deeglike kennis van die verpakking en kwaliteitsvereistes van appels, pere en pruime
- Deeglike kennis van Paltrack
- Die vermoë om onder druk te kan werk
- Goeie mensebestuur en dissipline kan handhaaf
Die kliënt bied ‘n mededingende salarispakket asook behuising, voorsorg- en mediese fonds.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2021