Pakhuis Instandhoudingstegnikus

Ons kliënt, ‘n Pakstoor in die Citrusdal omgewing,beskik tans oor ‘n opwindende geleentheid vir ‘n geskikte persoon met ‘n elektriese en meganiese aanleg vir paklyn masjinerie.

Pligte en verantwoordelikhede:

  • Moniteer werking van masjiene
  • Rapporteer en inspekteer foute op masjiene
  • Algemene herstelwerk aan die hand van ‘n interne stelsel
  • Akkurate byhou van onderhoud op masjiene
  • Huishouding van verantwoordelikheidsarea

Minimum Vereistes:

  • Graad12 met ‘n toepaslike meganiese / elektriese of relevante produksie-kwalifikasie
  • 2 jaar ervaring in ‘n soortgelyke vervaardigings/verpakkings bedryf
  • Meganiese aanleg
  • Bereid wees om na -ure werk te verrig

Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid gelees en verstaan het.
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.

 Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za