Vloerbestuurder
Ons kliënt, ‘n Deli/Padstal in die Citrusdal omgewing, het ‘n opwindende geleentheid vir ‘n Vloerbestuurder.
Verantwoordelikhede
- Aanbied van uitstekende kliëntediens en oplos van kliëntenavrae
- Tree op as gasheer/gasvrou vir die onderneming
- Help met die toesig van personeel en daaglikse aktiwiteite van die deli / padstal
- Hulp met die bestuur van deli-spanlede
- Verseker behoorlike nakoming van voedselvoorbereidingsregulasies
- Nodige voorraadbeheer
Minimum vereistes:
- Graad 12
- 2 jaar se restaurant ervaring
- Sterk kliëntediens ervaring
- Uitstekende mense en kommunikasievaardighede
- Naweek werk is deel van die pos
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
- Dat u ons Privaatheidsbeleid gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za