Hoof Uitvoerende Beampte
Ons kliënt, ‘n gevestigde maatskappy, is ‘n produsent-uitvoermaatskappy wat vars produkte van sy aandeelhouers en nie-aandeelhouers in Suid-Afrika produseer, verpak en uitvoer. Hulle is tans opsoek na ‘n geskikte gekwalifiseerde en ervare individu om by die organisasie aan te sluit as hul Hoof Uitvoerende Beampte. Hierdie posisie is in Stellenbosch gebaseer en sal aan die Direksie rapporteer.
Die ideale kandidaat vir hierdie posisie sal algehele verantwoordelikheid aanvaar vir die strategiese, finansiële, administratiewe en bemarkingsbehoeftes van die maatskappy.
Hoof verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk tot die volgende nie:
• Uitvoerende besluitneming
• Besigheidsontwikkeling en uitbreiding
• Skakeling met aandeelhouers en produsente
• Menslike hulpbronbestuur en -ontwikkeling
• Finansiële bestuur
Vereistes:
• ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie, verkieslik in finansies
• Ten minste 10 jaar ondervinding in ‘n bestuursposisie
• Sterk analitiese vaardighede met ‘n gesonde begrip van kommersiële landbou en vrugtebedryf sal ‘n sterk aanbeveling wees
• Moet ‘n strategies denkend en resultaat-georiënteerd wees
• Sterk leierskapsvaardighede
• Uitstekende interpersoonlike vaardighede met die vermoë om met ‘n dinamiese span te werk
• Uitstekende kommunikasievaardighede
• Sterk onderhandelingsvaardighede
• Moet onder druk kan werk
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
1. Dat u ons Privaatheidsbeleid gelees en verstaan het. (www.hopcal.co.za).
2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
• ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
• ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
• huidige salaris, asook salaris verwagting
• beskikbaarheid
• en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Desember 2021