Pakhuisbestuurder
Ons kliënt in Citrusdal is tans opsoek na ‘n toepaslik gekwalifiseerde en ervare Pakhuisbestuur om by hul span aan te sluit:
Die verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk tot die volgende:
- Daaglikse bestuur van pakhuis
- Verantwoordelik vir goeie en veilige huishouding praktyke binne pakhuis
- Verantwoordelik en versekering van Gehalte Bestuur vereistes binne die pakhuis – HACCP, QC verslae, rak leeftyd vereistes, ens.
- Beheer uitoefen rakende koste en verskaffers
- Bestel van pakmateriaal
- Gereelde kommunikasie met die bemarkingspersoneel en kliënte
- Aankoop van binne en buite seisoen vrugte soos benodig
- Verantwoordelik vir die kontrole en verkope van somer vrugte
- Pryse en koste berekening vir kliënte
- Kontrole en vooruitskatting van vrugte benodig vir kliënte
- Doelwitbestuur gedrewe wees vir die pakhuis
- Kontrolering van administrasie
- Hantering van kliënte / verbruikers klagte
Vereistes:
- ’n Naskoolse kwalifikasie in Produksiebestuur/Landbou/Voedseltegnologie
- Bewese ondervinding in ’n soortgelyke produksie-omgewing (FMCG) of die vrugtebedryf
- Bewese ondervinding in die bestuur van ’n arbeidsmag
- Bogemiddelde rekenaarvaardigheid in die MS Office-pakkette
- Die vermoë om doeltreffend op alle vlakke te kommunikeer
- ’n Passie vir sukses binne ’n produksie/landbou-omgewing
- Bogemiddelde leierskap- en organisatoriese vaardighede
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
- Dat u ons Privaatheidsbeleid (www.hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum: 17 November 2021