Menslike Hulpbronne Bestuurder

Ons kliënt is ‘n familie landbou besigheid in die Elgin vallei betrokke in die produksie, verpakking, verkoeling, logistiek en bemarking van appels en pere. Die maatskappy beskik tans oor die posisie van Menslike Hulpbronne Bestuurder in hul groeiende besigheid.

Die geskikte kandidaat sal deel vorm van ‘n dinamiese senior bestuurspan en direk rapporteer aan die hoof uitvoerende beampte. Die pos behels die oorhoofse bestuur van die volle personeelfunksie van die besigheid.

Die suksesvolle kandidaat sal:

  • Oor uitstaande bestuursvermoë beskik
  • Die vermoë hê om mense te inspireer en goeie verhoudinge te kan bou en handhaaf
  • Reeds vorige menslike hulpbronne bestuurs ervaring hê
  • Goeie kennis van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Sektorale Vasstelling en beroepsveiligheid
  • Toepaslike tersiêre opleiding en ‘n Afrika taal magtig sal in die aansoeker se guns tel

 

Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid gelees en verstaan het. (hopcal.co.za).
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 

Sluitingsdatum vir aansoeke: 7 November 2021