Hoof Uitvoerende Beampte
Ons kliĆ«nt, Roodezandt (RF) (Edms) Bpk, is ‘n samesmelting tussen die Roodezandt en McGregor Koƶperatiewe Wynkelders waar albei ‘n trotse erfenis in die wynbedryf het.
Hulle is op soek na ‘n geskikte en toepaslik gekwalifiseerde en ervare professionele persoon om as hulle Hoof Uitvoerende Beampte aan te stel.
Die fokusareas van die posisie sluit in aspekte wat tipies deur ‘n uitvoerende gesag gedek word, soos die winsgewendheid van die aandeelhouers se onderskeie individuele sakebelange sowel as diĆ© van die maatskappy.
Hoofpligte sluit in:
- Die ontwikkeling, saam met die Direksie, van die besigheidsstrategie, die langtermyn operasionele plan en begroting en die bestuur daarvan
- Toenemende langtermyn aandeelhouerswaarde deur die ontwikkeling van nuwe ontwikkelings- en strategiese projekte
- Verseker regulatoriese nakoming
- Verantwoordelik vir die ontwikkeling van die beeld van die Maatskappy
- Oorhoofse bestuur van die bemarkingstrategie
- Die vestiging en ontwikkeling van verhoudings met sleutel kelder / maatskappy belangegroepe en ander belanghebbers
- Menslike hulpbronbestuur en ontwikkeling
- Produkontwikkeling
- Besigheidsontwikkeling, insluitend die uitbreiding van bestaande markte en die vestiging van nuwe markte
- Produktiwiteit, doeltreffendheidsmetings en inligtingstelsels
- Infrastruktuur en kapasiteitsbeplanning
Vereistes:
- B.Comm /MBA of soortgelyke tersiƫre kwalifikasie
- Ten minste 8 jaar ondervinding in algemene bestuur van verskeie sakedissiplines
- Sterk analitiese vaardighede met ‘n goeie begrip van kommersiĆ«le landbou en spesifiek bemarking
- Moet ‘n strategiese denker en resultate-georiĆ«nteerde persoon wees
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede, en die vermoĆ« om met ‘n dinamiese span te werk
- Uitstekende kommunikasievaardighede
- Sterk onderhandelingsvaardighede
- Konflikbestuursvaardighede
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
- Dat u ons Privaatheidsbeleid (hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliĆ«nt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ān volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ān dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum: 18 Februarie 2022