Skaapbestuurder

Ons kliënt, ‘n skaapboerdery in die Caledon omgewing, is tans opsoek na toepaslik gekwalifiseerde en ervare persoon om as hul Skaapbestuurder aan te stel.

Verantwoordelikhede:

  • Bestuur van skape
  • Bestuur en teling van stoet
  • Weidingsbestuur (droëland)
  • Voedingsbestuur
  • Voorkraal bestuur

Vereistes: 

  • Graad 12
  • ‘n Toepaslike kwalifikasie sal u aansoek versterk
  • ‘n Minimum van 2 jaar ervaring in skaapbestuur
  • Rekenaarvaardig, met gevorderde Excel

Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid (www.hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.

 Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 

Sluitingsdatum: 18 Februarie 2022