Administratiewe Beampte
Ons kliënt, Piekenierskloof Wine Company, beskik tans oor ‘n opwindende geleentheid vir ‘n geskikte persoon met ‘n sterk administratiewe aanleg. Hierdie pos is in die Citrusdal omgewing geleë.
Pligte en verantwoordelikhede:
- Debiteure berekeninge, fakturering en state uitstuur
- Krediteure inlees en nasien
- Bank en Bankrekonsiliasies
- Lone berekeninge twee-weekliks (20 tot 50 personeel)
- Kontrolering en tydige uitvoer van aanlyn bestellings
- Voorraadbeheer
- Ontvangs funksie
- Algemene administratiewe funksies
Minimum Vereistes:
- Graad 12 met ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie
- 2 jaar ondervinding
- Sterk rekenaarvaardig
- Noukeurig
- Fokus op detail
- Goeie kommunikasievaardighede
- Moet ‘n aangename en vriendelike atmosfeer kan skep
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
- Dat u ons Privaatheidsbeleid (hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum: 17 Oktober 2022