Landbou-Ekonoom

Vinpro is die onafhanklike diensorganisasie wat Suid-Afrikaanse wynprodusente van spesialisdienste voorsien en op verskeie forums verteenwoordig. Hulle het tans die geleentheid vir ’n dinamiese individu om die landbou-ekonomiese funksie by Vinpro te behartig.

Die posisie behels onder meer die volgende:

  • Instandhouding van studiegroepe op primêre produksievlak
  • Uitvoering van lewensvatbaarheid- en ander ekonomiese studies op produksie- en keldervlak
  • Skryf van landbou-ekonomiese artikels vir wynbedryfspublikasies
  • Verteenwoordiging van Vinpro op sekere forums/komitees
  • Hantering van landbou-ekonomiese bedryfsnavrae
  • Opdatering van landbouekonomiese bedryfsnormes, sowel as die kostegids
  • Aanbieding van lesings en die voorbereiding van aanbiedings vir produsente- en inligtingsdae
  • Noue skakeling met wingerdboukundiges, grondkundiges, Vinpro se SEB adviesdiens en sy inligtingsdiens
  • Aanbieding en voorlegging van bedryfsoorsig by kelders, bestuur en lede.

Vereistes:

Hul ideale kandidaat is ’n hoogs gemotiveerde en kreatiewe persoon wat onafhanklik kan funksioneer en nie terugstaan vir uitdagings nie. Hy/sy moet outonoom en gemaklik voor gehore kan optree en vlot in Engels en Afrikaans kan kommunikeer (mondeling asook skriftelik). Voorts is hy/sy toegerus met ’n BSc-/BCom-graad (Landbou-ekonomie) of toepaslike kwalifikasie en beskik oor bedrewenheid in Excel, Word en PowerPoint met ’n agtergrond en goeie vaardighede in inligtingstelsels. Kennis en ondervinding van die wynbedryf en landbou-ekonomiesverwante dienste, gepaardgaande met goeie interpersoonlike, organisatoriese en aanbiedingsvaardighede, sal die aansoek ondersteun.

’n Mededingende salaris, wat ’n volledige reeks byvoordele eie aan ’n gevestigde onderneming insluit, word aangebied.

Ingevolge Vinpro se gelyke-indiensnemingsplan, sal voorkeur aan kandidate uit

voorheen benadeelde agtergronde verleen word.

 

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 

 

 

Indien u nie binne drie weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.