Junior Produksiebestuurder
Ons kliënt is tans op soek na ‘n Junior Produksiebestuurder om by hul plaas in Wellington aan te stel.
Verantwoordelikhede:
- Kontrolering en behaling van gehalte werk
- Handhawing en bereiking van protokolle vanaf maatskappy
- Kontrolering en behaling van daaglikse doelwitte
- Admin/rekordhouding – daaglikse loonregister van spanne
- Handhawing van Globalgap en Siza standaarde
- Uitvoering van daaglikse/uurlikse aktiwiteite soos bepaal deur die beplanning
- Daaglikse kontrolering van gereedskap en los toerusting
Vereistes:
- ‘n Landbou diploma met ten minste 2 -3 jaar landbou ervaring óf 4-5 jaar toepaslike ervaring
- Basiese kennis van kwaliteitstelsels (GlobalGap, ens.)
- Moet goed druk kan hanteer
- Moet bevoegd wees in rekordhouding en administrasie
- Goeie mense verhoudinge en kommunikasievaardighede
- Rekenaarvaardig
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
- Dat u ons Privaatheidsbeleid (hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum: 11 April 2023