Wingerdboutegnikus

Ons kliënt, Vititec het tans ‘n vakature vir ‘n Wingerdboutegnikus by hul Picardi plaas in die Paarl.  Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Vestiging inspeksie en seisoenale neem van Elisa monsters in moederblokke
  • Sertifisering en uitreiking van entmateriaal en hantering van gepaardgaande administrasie
  • Skakeling met produsente en kwekers
  • Seisoenale pars aktiwiteite
  • Gesondheid en veiligheid (OHS)
  • Oudit dokumentasie byhou (bv. Wieta)

 Die bevoegdhede/ vereistes benodig in die pos is: 

  • ‘n Elsenburg of soortgelyke diploma met wingerdkunde
  • Minimum 3 jaar toepaslike ervaring in ‘n kweekhuis omgewing
  • Kennis van wingerd en wingerdkwekery verbouing
  • Vermoë om basiese instandhoudingstake te verrig
  • Die vermoë om goeie kliënteverhoudinge te bou en te handhaaf
  • Bewese rekord t.o.v. bestuur van werkspanne (10-60 mense)
  • Rekenaarvaardigeheid (MS Office)
  • ‘n Kode 14 lisensie met PDP en Vurhyser lisensie sal u aansoek versterk
  • Gesertifiseerde plant inspekteur (PlantSA) 

Ingevolge Vititec se Gelyke Indiensnemingsplan sal voorkeur verleen word aan geskikte kandidate uit voorheen benadeelde agtergronde.

  Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:

  1. Dat u ons Privaatheidsbeleid (www.hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
  2. Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
  3. Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
  4. Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.

 Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 16 Oktober 2023