Produksie Bestuurder: Bokkeveld Area
Ons kliënt verlang die dienste van ‘n selfgemotiveerde doelwitgedrewe Produksie Bestuurder met toepaslike ervaring en kwalifikasies vir ‘n bestuurspos in die Witzenberg omgewing.
Verantwoordelikhede
- Kontrole en effektiewe bestuur van alle produksiefasette (snoei, uitdun, kunsmis en besproeiing) van betrokke bedryfsvertakkings (steen en kernvrugte) om ‘n vooruitstrewende eenheid te skep
- Effektiewe rekordhouding
- Effektiewe en doelgerigte bestuur van werksmag vir n afdeling insluitend Toesighouers
- Nakoming en instandhouding van gehalte bestuurstelsels onder andere Global Gap ens.
Vereistes
- Landbou opleiding en of ten minste 3 jaar toepaslike soortgelyke ervaring
- Goeie organiseringsvermoëns
- Vermoë om met tye onafhanklik te kan bestuur
- Eerlik, dinamies en hardwerkend.(“hands on”)
- Goeie menseverhoudinge
- Administrasie- en rekenaarsvaardighede
Die pos bied die geleentheid om deel te wees van n dinamiese groep wat doelgerig en passievol strewe na volhoubaarheid en vooruitgang.n Strewe na groei is van kardinale belang.
‘n Mededingende vergoedingspakket en behuising word in ruil vir u dienste aangebied.
Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee:
- Dat u ons Privaatheidsbeleid (www.hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Sluitingsdatum: 17 April 2026